Motorwagte, paramedici red meisie (4)

2012-01-09 07:00
Tweets Share Share line Print

Welkom – Die flink optrede van twee motorwagte en ’n Welkomse paramedikus is waarskynlik die enigste rede waarom ’n vierjarige meisie, wat Saterdagmiddag hier in die bloedige son in ’n motor by ’n winkelsentrum toegesluit was, nog leef.

Die kind was langer as ’n uur in die Volkswagen Polo op die parkeerterrein van Goldfields Mall voordat sy deur Annali Snoer, paramedikus van Net­care911, uit die motor gered is. Snoer het die een agterruit van die motor met ’n suurstofsilinder uitgeslaan om die kind uit te haal.

Morné Nagel en Abel Modemoeng, motorwagte, het omstreeks 14:30 gaan kyk wat aangaan toe die motor se alarm afgaan. Hulle het op die kind in die motor, waarvan die vensters heeltemal toe was, afgekom.

Hulle het die polisie en ambulans ontbied.

Die een klein agterruit is eers uitgeslaan, maar sonder die sleutels kon die motordeure nie ontsluit word nie. ’n Nat ambulanslaken en water is deur die klein venster vir die kind aangegee, maar sy het vinnig verswak.

Snoer het die groter ruit met die suurstofsilinder uitgeslaan. Sy sê toe sy haar hand deur die klein ruit in die motor gesteek het om vir die kind die water te gee, het dit gevoel of sy haar hand in ’n oond druk. Die temperatuur buite was steeds in die hoë dertigs, en in die toe motor veel hoër.

Die sentrum se sekuriteit het drie keer in sowel die winkels as die aangrensende casino oor die interkomstelsel na die eienaar van die motor gesoek.

Twee jong mans, wat gaan skoene koop het, het omstreeks 16:15, amper twee uur later, doodluiters daar aangekom.

Hulle het ontken dat hulle die motor bestuur het en het gesê die eienaar daarvan het weggehardloop. Hulle is albei op ’n aanklag van kinderverwaarlosing in hegtenis geneem.

Die kind se ma, Mananna Makole (23), is ontbied. By haar aankoms daar het sy gesê die twee mans het die kind sonder haar toestemming met hulle laat saamry.

Die kind is deur Snoer en haar kollega in die ambulans gestabiliseer en is buite gevaar.

’n Dobbelverslaafde ouerpaar van Welkom, wat op 15 November 2008 hul vyf maande oue baba in ’n motor voor dieselfde casino gelos het, is ná die voorval by die dobbelraad aangemeld en is gevolglik verbied om ooit weer in ’n casino in Suid-Afrika te dobbel.

Hulle is ook elk gevonnistot R5 000 of vyf jaar tronkstraf wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.