Motoris sterf teen vragmotor
2010-09-10 09:49
Johannesburg – ‘n Motoris is Vrydag dood nadat sy motor in ‘n vragmotor en ‘n ander voertuig op die R550 naby Lenasia vasgebots het, het nooddienste in Johannesburg gesê.
Daar is verneem dat die bestuurder deur ‘n rooi verkeerslig gery het voordat hy in die vragmotor en die ander motor vasgejaag het, het Synock Matobako, woordvoerder vir Johannesburg se nooddienste, gesê.
Sy motor het omgeslaan nadat hy met die vragmotor gebots het.
Teen 07:00 was nooddienswerkers nog besig om die man se lyk uit die motor te verwyder.
Die vragmotorbestuurder en die bestuurder van die ander motor is nie beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA