Motoris skiet kaper dood
2009-10-22 10:17
Johannesburg – ‘n Kaper is na bewering Donderdagoggend deur ‘n motoris in 7de Laan, Pinetown, doodgeskiet, het nooddienste gesê.
Volgens Derrick Banks, ER24-woordvoerder, het die motoris by ‘n oprit ingery toe twee verdagtes hom glo probeer kaap het.
Die man het toe sy vuurwapen uitgehaal en ‘n skietery het uitgebreek.
“Een van die kapers is doodgeskiet en die tweede een is gewond. Die bestuurder van die motor is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal,” het Banks gesê.
– Sapa