Motoris ry fietsryer dood

2009-08-18 06:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Sy het besluit om op te hou fietsry nadat sy in Januarie deur ’n vragmotor omgery is.

Eergisteroggend is haar man in ’n fietsongeluk dood.

Estelle de Bruyn (35) van die leërhoofkwartier in Pretoria het dieselfde oggend aan haar man, Gerhard (39), gesê sy oorweeg dit om weer te begin fietsry.

’n Paar uur later het sy hom langs die pad buite Rayton gekry nadat hy deur ’n motor getref is wat ’n ander voertuig verbygesteek het.

De Bruyn en ’n vriendin, Anke Zenker (32), het vir ’n oefenrit Cullinan toe gery. De Bruyn het hulle in Cullinan vir koffie ontmoet.

Op pad terug, omstreeks 12:00, het sy agter hulle aangery, maar in Rayton stilgehou om water te koop.

“Hulle het nog verby my gery,” het sy gister in trane gesê.

“Hulle het agter mekaar op die skouer van die pad gery. Hulle was op die veiligste deel van die pad waar hulle kon wees. Ek het net weer weggetrek toe sien ek hulle lê in die pad. Ek het geskree, want ek het geweet dis my man.

“Ek kon sien hy het verskriklik seergekry. Toe ek aan hom vat, kon ek voel al sy ribbes is gebreek. Ek het nog nooit in my lewe so baie gebid nie.”

Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê ’n vrou het na bewering ’n motor verbygesteek. Toe sy terug in haar baan kom, het sy De Bruyn en Zenker getref. Sy het hulle glo nie gesien nie.

Zenker is per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

Haar pa, mnr. Jochen Zenker, het gesê sy is steeds onder sterk verdowing.

De Bruyn is na die Wilgers-hospitaal in Pretoria geneem. Hy is later na 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte) oorgeplaas waar hy omstreeks 16:00 aan sy beserings beswyk het.

Hy het ernstige hoofbeserings opgedoen en sy ribbes, regterskouer en regterelmboog was gebreek.

Net ná haar eie ongeluk in Januarie op die R21-hoofweg in Pretoria het De Bruyn haar voorgeneem om nooit weer op ’n fiets te klim nie.

Sy moes gister steke uit haar hande laat haal ná ’n operasie wat nodig was omdat sy vier maande lank op krukke moes deurbring.

“Ek sal nooit weer fietsry nie. Ek het dié oggend seker 30 keer vir hom gesê hy moet versigtig wees,” het sy gesê.

“Sy laaste drukkie was nie genoeg nie. Ek is so lief vir hom.”

Mnr. De Bruyn het sy eie vloer-onderneming bedryf.

- Beeld




Lees meer oor: padongelukke  |  fietsongeluk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.