Motoris kritiek na ongeluk
2009-11-28 00:18
Johannesburg - ‘n Motoris is in ’n kritieke toestand nadat sy motor teen ‘n vragmotor op die N1-noord naby die New Road-afrit, gebots het.
"’n Blou Citi Golf is reg onder die vragmotor ingedruk en tot teenaan die agtersitplek opgefrommel. Die bestuurder het veelvoudige beserings opgedoen," het Werner Vermaak, woordvoerder van E24-nooddienste gesê.
‘n Brandweerspan moes die kake van die lewe gebruik om die motoris uit die wrak te kry.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
-Sapa