Motoris (60) sterf in Rustenburg-ongeluk
2010-04-16 02:54
Johannesburg – ‘n 60-jarige motoris is dood nadat hy Donderdagoggend agter in ‘n vragmotor op die R24 buite Rustenburg vasgery, het die Noordwes departement van publieke veiligheid gesê.
Die motoris se Volvo S40 het in die vragmotor vasgery teen ‘n hoë spoed en toe onder die vragmotor ingegly.
Volgens Lesiba Moses Kgwele, woordvoerder, het die vragmotor onwettig in die dubbelbaan ingedraai toe hy by ‘n vulstasie uitgery het.
Die voorval het omstreeks 05:00 plaasgevind.
Die oorledene se lyk was in sy motor vasgekeer. Die pad was vir sowat vier ure vir verkeer gesluit gewees.
“Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag asook roekelose en nalatige bestuur,” het Kgwele gesê.
- Sapa