Motorfietsryer wen eis ná slaggat-botsing
2011-11-03 16:45
Durban – Die eThekwini-munisipaliteit het erken dat hy verantwoordelik was vir 'n ongeluk 21 jaar gelede waarin 'n motorfietsryer verlam gelaat is, het die Durbanse hoogeregshof Woensdag gehoor.
In terme van 'n skikkingsooreenkoms, het die munisipaliteit ingestem om 75% van wat bewys of ooreengestem is om die bedrag van Scott Taylor se eis te wees, te betaal.
Dié bedrag moet nog vasgestel word, en sal waarskynlik miljoene rande beloop, weens die omvang van Taylor se beserings en sy behoeftes vir die res van sy lewe. Die eis sal ook in pond wees omdat Taylor nou in Engeland woon. Die munisipaliteit sal ook sy regskostes betaal.
Luidens dokumente wat by die hof ingedien is, was Taylor 'n aand in Februarie 1989 op pad huis toe. Toe hy die kruising van Sydenham- en Botanic Gardensweg nader, het hy 'n stamp gevoel, waarna die motorfiets oor 'n sypaadjie gegaan en teen 'n boom gebots het. Hy is nou 'n parapleeg.
Scott en sy pa, Alf, het meer as R3 miljoen vir ondermeer mediese uitgawes, veranderinge aan die huis, uitgawes en algemene skade en die verlies van inkomste.
Indien die partye die kan ooreenkom oor die bedrag van die eis nie, sal die saak volgende jaar verhoor word en 'n regter sal dan besluit hoeveel Taylor moet kry.
Thabo Mofokeng, die munisipaliteit se woordvoerder, het gesê hy sal eers Donderdag kommentaar lewer.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter