Motorfietsryer, voetganger beseer in botsing
2011-06-02 12:06
Umhlanga – 'n Motorfietsryer en 'n voetganger is ernstig beseer nadat hulle Donderdag in 'n ongeluk betrokke was, het ER24 gesê.
"Die motorfietsryers was op die M41 in die rigting van Phoenix, toe hy 'n voetganger tref wat oor die pad gehardloop het," het Derrick Banks, 'n woordvoerder, gesê.
"Die voetganger is oor die pad geslinger en het in die noodlaan te lande gekom, terwyl die motorfietsryer van sy motorfiets geval het."
Die motorfietsryer is na die St. Augustine's-hospitaal geneem en die voetganger sterk aan in die Addington-hospitaal.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA