Motorfietsryer sterf in kop-aan-kop botsing
2011-06-29 21:00
Johannesburg – ‘n Man het gesterf nadat hy met sy motorfiets in ‘n kop-aan-kop botsing teen ‘n motor in Uvongo, naby Margate, betrokke was, het paramedici van Netcare 911 Woensdag gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, wat in sy laat 20’s was, het beheer oor die motorfiets verloor en is getref deur ‘n motor wat in die ander baan gery het.
Paramedici het 40 minute lank probeer om die man te stabiliseer voordat hy gesterf het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA