Motorfietsryer sterf in botsing met vragmotor
2011-04-11 19:00
Johannesburg – ‘n 31-jarige motorfietsryer is dood nadat hy in ‘n vragmotor vasgery het in Atterbury-weg in Pretoria, het Paramedici Maandagmiddag bekend gemaak.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het die slagoffer langs die wrak van sy motorfiets in die pad gelê,” het Jeffrey Wicks, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
“Na bewering het die man teen die kant van die vragmotor, wat sement vervoer het, vasgery.”
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volgens Wicks het die motorfietsryer op die toneel aan sy beserings beswyk nog voor paramedici opgedaag het.
“Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie,” het Wicks gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA