Motorfietsryer kritiek ná gly op N2
2009-09-27 08:23
Durban - 'n Motorfietsryer in sy 30's is in 'n kritieke toestand nadat hy beheer verloor het oor sy motorfiets op die N2 Suid naby Groutville aan die Natalse noordkus.
Die man was in 'n suidelike rigting onderweg toe hy beheer verloor het oor sy motorfiets. Hy het geval en 'n paar meter ver oor die pad gegly.
Paramedici van Netcare 911 van Ballito en Umhlanga het hulle na die toneel gehaas.
Die man het ernstige kopbeserings opgedoen, en is per helikopter vervoer na die Netcare Umhlanga-hospitaal, waar hy verdere behandeling ontvang.
Volgens Chris Botha van Netcare is die oorsaak van die ongeluk steeds onbekend.
Die polisie sal die voorval ondersoek.
- Netcare 911