Motorfietsryer en voetganger op N2 dood
2011-06-24 19:12
Johannesburg – ‘n Motorfietsryer en ‘n voetganger is op die
N2 in Hluhluwe dood.
Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder vir
Netcare 911, was die vrou besig om oor die pad te loop toe die motorfiets in
haar in vasry.
Nooddienswerkers het die motorfietsryer en die
vrou naby mekaar langs die pad aangetref met die motorfiets sowat 300 m verder.
Beide slagoffers is op die toneel dood.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA