Motorfietsryer dood ná hy in stilstaande motor vasjaag
2011-11-26 15:05
Boksburg – 'n Man op 'n klein motorfiets is dood toe hy teen 'n stilstaande motor in Boksburg gebots het, het die Ekurhuleni-metropolisie Saterdag gesê.
Die man, 27, het Vrydag omstreeks 21:00 met sy motorfiets op Pretoria-straat teen 'n rooi VW Golf vasgejaag, het insp. Kobeli Mokheseng gesê.
Hy is later op die toneel dood.
Die insittendes in die motor het geen beserings opgedoen nie.
Volgens Mokhoseng lyk dit of die bestuurder van die motorfiets vir iets op die pad uitgeswaai het, waarna hy beheer verloor het en teen die Golf vasgery het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA