Motorfietsryer (17) sterf
2009-08-17 21:03
Johannesburg – ‘n Tiener seun van Boksburg is Maandag dood nadat hy in ‘n botsing met sy motorfiets betrokke was.
Volgens Kobeli Mokheseng, woordvoerder vir die Ekurhuleni metropolisie, het botsing tussen die seun se swart Suzuki motorfiets, ‘n wit Ford Ikon en ‘n Volkswagen minibus op die hoek van Leeuwpoort- en Rondebultstraat plaasgevind.
Die seun, wat vermoedelik 17-jaar oud is, het op die toneel gesterf. Die bestuurder van die Ford is vir skok behandel. Die polisie ondersoek steeds die saak.
–Sapa