Motor twee keer op een dag gesteel

2010-11-11 13:06
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Die motor van ’n vrou van Elsburg aan die Oos-Rand is twee keer op een dag gesteel – die tweede keer van ’n polisiekantoor se perseel af.

Elize Kruger (60) het haar kleindogter, Jauné Kruger (16), Maandag by die Hoërskool Elsburg gaan oplaai en daarna by Pick n Pay in Lambton stilgehou om inkopies te doen.

Toe hulle omstreeks 14:30 op die parkeerterrein kom, was die metaalblou Ford Laser skoonveld. Kruger het haar Tracker-stelsel onmiddellik laat aktiveer.

“Die mense van Tracker het gesê dat ek die saak dadelik by die polisie moet aangee,” het Kruger gesê.

Tracker-beamptes het die gebied intussen vanuit ’n helikopter begin fynkam.

Kruger en haar suster, Leonie Wahl, is na die Elsburg-polisiekantoor, maar is aangesê om die saak by die Germiston-polisie aan te meld.

Terwyl die twee vroue by die Germiston-polisiekantoor tougestaan het, het Kruger ’n oproep van Tracker ontvang.

“Hulle het gesê hulle het my kar ná 45 minute in Katlehong opgespoor en aangesien daar nie veel skade was nie, kon die metropolisie die motortjie na die polisiekantoor toe bring.”

Kruger wou haar motor dadelik huis toe neem, maar ’n lid van die Germiston-polisie het gesê die persoon wat die klaringsertifikaat moet teken, is nie op kantoor nie en dit moes oornag by die polisiekantoor bly.

“Ek is aangesê om die motor naby die ingang van die polisiekantoor te parkeer en dit die volgende oggend 08:00 te kom haal.”
Dinsdag was sy op die kop 08:00 daar.

Nadat sy al die nodige vorms ingevul het en die klaringsbewys geteken is, het sy saam met ’n konstabel na die parkeerterrein gegaan.
“Toe ons by (parkeerplek) 3D kom, sê die konstabel vir my: ‘But where is the car?’”

Die voertuig was skoonveld, al het private veiligheidswagte by die hek diens gedoen.

Kruger het Tracker weer geskakel, maar dié keer was daar geen sein nie en sy vermoed die opsporingtoestel is uit die motor verwyder. Sy is terug na die stasie en het ’n verduideliking gevra. “Almal was geskok en verbaas en ek moes weer ’n saak begin.”

Brig. Johan Oosthuizen, bevelvoerder van die Germiston-polisiekantoor, het gesê hulle is besig om die tweede saak te ondersoek en het geen idee wat kon gebeur het nie. “Dit is baie snaaks dat die voertuig kon verdwyn terwyl daar sekuriteit by die hekke was.

“Dit is ook ’n groot verleentheid vir die stasie,” het hy gesê.

- Beeld

Lees meer oor: kan jy glo  |  diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.