Motor tref vrou toe sy hond wou help
2011-11-25 10:08
Kaapstad – Die stigter van 'n dierewelsynsorganisasie in die Karoo is in 'n ernstige toestand in 'n hospitaal in die Paarl nadat 'n motor haar getref terwyl sy 'n beseerde hond gehelp het,
Colette Teale (60), stigter van die Karoo Animal Protection Society (Kaps), het albei haar heupe gebreek en moontlik haar rugwerwel beskadig in die ongeluk wat Woensdag naby die Du Toitskloof-tonnel buite Paarl plaasgevind het, berig die Cape Times.
"Hulle (Teale en haar man, Percy) het 'n hond by sy nuwe huis afgelaai," het Lola Cox, Teale se kollega, gesê.
"Op pad terug het sy 'n hond op 'n verkeerseiland in die middel van die pad gesien.
"Hulle wou die hond help en het stilgehou. Sy het uit die motor geklim en dis toe dat die motor haar tref."
Allan Perrins, uitvoerende hoof van die Kaap de Goede Hoop DBV, het gesê hy is nie verras dat Teale, wat op 'n plaas in Barrydale woon, haar lewe in gevaar gestel het om 'n dier te red nie.
"Dit is net die tipe mens wat sy is," het hy gesê.
Perrins het gesê die DBV het 'n spesifieke reël wanneer dit kom by mense wat diere in die pad wil red.
Hy het gesê die DBV het 'n mandaat om siek en beseerde rondloperhonde te red, terwyl die munisipaliteit of wetstoepassingsbeamptes 'n mandaat het om gesonde, rondloperhonde op te tel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA