Motlanthe klink glasie op eenheid in ANC
2012-01-08 19:25
Bloemfontein – ANC-leiers het hul glase gelig terwyl die adjunk-president, Kgalema Motlanthe, ‘n huldeblyk ingestel het op die eenheid van die ANC tydens die sny van die party se verjaardagkoek Sondag.
Motlanthe het ook ‘n glasie geklink op die eenheid van die Afrika Unie (AU), die krag van die ANC se visie en op solidariteit en menslikheid.
“Ons klink ook daarop dat die ANC in die volgende 100 jaar baie simpatie sal hê vir ons mense wat ly.”
Motlanthe het aan die skare gesê dat diegene wat nie glase het nie hul gebalde vuiste in die lug moet steek.
Die ANC se woordvoerder, Jackson Mthembu, het aan die skare gesê dat die reuse-koek deur die mense geëet sal word.
Sowat 50 beeste is ook vroeër aan die party geskenk deur die aba Thembu-stam met die doel om die mense te voer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA