'Moratorium op regstelaksie'
2009-08-24 17:01
Pretoria - Die resessie vereis dat daar ‘n moratorium op die regstelaksie geplaas word.
Só meen Pieter Groenwald, die VF+ se parlementêre-woordvoerder, wat kritiek oor Jimmy Mayi, voorsitter van die Gelyke Indiensnemingskommissie, se jaarlikse verslag gelewer het.
Mayi het in die verslag klem gelê op gelyke indiensneming wat te stadig plaasvind.
"Suid-Afrika het alle kennis op die vlak van werkskepping nodig om die huidige ekonomiese resessie te oorleef en dit is waarom die regering ‘n moratorium op die regstelaksie moet plaas,” het Groenewald gesê.
Slegs meriete moet geld wanneer dit kom by die vul van betrekkinge, het hy gesê.
In die verslag wat Maandag uitgereik is het Manyi gesê dat 61% van mans in topbestuurvlak steeds wit mans is.
"Dit is egter duidelik dat die jaarlikse gelykheidsindiensnemingverslag nie wetenskaplik gegrond is nie. (Hulle) moet ook kyk na middel en- laer-bestuursvlakke om die korrekte persentasie vas te stel,” het Groenewald bygevoeg.
Groenewald het gesê daar moet meer gefokus word op diensopleiding en nie net op regstellende aksie nie.
Solidariteit het hulle ontevredenheid uitgepreek en gesê die verslag skep 'n wanbegrip onder die bevolking.
- Sapa