Moordverdagte vasgetrek
2011-12-01 19:01
Johannesburg – ‘n Vier-en-twintig-jarige man is Donderdag in Kagiso in hegtenis geneem vir moord en roof, het die polisie aan die Wes-Rand gesê.
“Hy het na bewering twee weke gelede ‘n veiligheidswag doodgeskiet nadat hy en twee medepligtiges ‘n kruidenierswinkel van kontant beroof het,” het brig. Sipho Ngubane gesê.
Twee van die rowers het op kontant aangedring, terwyl die derde medepligtige ‘n wag aangehou en sy vuurwapen geëis het.
“Toe hulle op pad na buite was, het die gewapende rower verskeie skote op ‘n wag afgevuur. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Al drie rowers word sedertdien gesoek.”
Die man wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA