Moordsyfer moet daal
2009-08-14 14:52
Kaapstad- Polisie in die Wes-Kaap mik vir minder as 2000 moorde in hierdie finansiële jaar, het Mzwandile Petros, provinsiale kommissaris, gesê.
Daar was 3664 moorde sowat vyf jaar gelede, dit het neergekom op 80 moorde per 100 000 van die samelewing. In 2007/08 het die syfer gedaal na 2836.
Kaapstad se Nyanga, op die Kaapse Vlakte, word beskryf as die moord hoofstad van Suid-Afrika. Volgens Petros is die hoë moordsyfer te danke aan die misbruik van alkohol en dwelms.
Hy het gesê daar is ‘n “gelydelike afname” in die moordsyfers, maar die polisie is steeds bekommerd oor die syfers.
“Ons mik nou vir minder as 2000 moorde,” het Petros gesê.
–Sapa