Moordklag kom teen bestuurder ná botsing
2011-10-06 17:03
Bloemfontein – Die bestuurder van 'n vragmotor wat vroeër vandeesweek op die N3 naby Harrismith teen 'n skoolbus gebots het, is aangekla.
Die 28-jarige man van Qwa-Qwa, wat in die hospitaal aansterk, staan tereg op nege aanklagte van moord en 45 aanklagte van poging tot moord. Hy het nie 'n openbare bestuurspermit nie en het ook nie die toestemming van die eienaars van die vragmotor gehad om dit te bestuur nie.
Die man sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan is.
Nege mense wat 'n skooltoer vanaf Johannesburg na Durban meegemaak het, is dood in die botsing.
Intussen word 'n gedenkdiens vir die slagoffers by die Leondale-gemeenskapsentrum gehou, berig Sapa.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter