Moordenaars 37 jaar tronk toe
2011-12-13 19:55
Johannesburg – Twee mans is tot 37 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan roof, verkragting en moord in die Hooggeregshof in Oos-Londen, het die polisie gesê.
Abongile Gedezana (23) en Ayanda Malusi (21) is tot vyf jaar gevangenisstraf vir roof, 10 jaar vir verkragting en 22 jaar vir moord gevonnis, het lt. kol. Mtati Tana gesê.
Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
Die twee het in Januarie verlede jaar by ‘n karavaan ingebreek. Hulle was dronk en met messe gewapen. Hulle het ‘n 60-jarige vrou verkrag en haar kritiek beseer gelaat. Sy is later in die hospitaal oorlede.
Die twee het ook items uit die vrou se karavaan gesteel.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA