Moordenaar sal minstens 18 jaar sit
2009-07-21 12:57
Johannesburg – ‘n Vrou is vandag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir haar rol in die moord op Thandi Motsweni, die adjunkburgemeester van Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga.
Florence Sibongile Lukhele, 35, het Dinsdag tydens haar verskyning in die hooggeregshof in Pretoria skuldig gepleit op ‘n aanklag van sameswering tot moord, het kapt. Leonard Hlathi van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesê.
“Lukhele is voorts tot 20 jaar tronkstraf gevonnis,” het Hlathi gesê. “Sy sal eers oor 18 jaar om parool kan aansoek doen.”
Lukhele is in Augustus 2007 in hegtenis geneem saam met drie persone wat sy gehuur het om Motsweni ter vermoor.
Die persone wat saam met haar by die moord betrokke was, is Skhosiphi Bongakwakhe Gwala, 45,
Eric Themba Ntombela, 35, en Josia Moloi, 40.
Motsweni is in Junie 2007 by haar huis in Leslie, Mpumalanga vermoor.
Die beskuldigdes is al verskeie kere borgtog geweier.
Die saak teen Gwala, Ntobela and Moloi duur Dinsdag voort.
-Sapa