Moordenaar ontsnap uit hospitaal

2011-04-30 23:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n 29-jarige Mosambiekse man wat 'n lewenslange vonnis vir moord by die Leeukop-tronk buite Johannesburg uitdien het uit die Tembisa- openbare hospitaal ontsnap.

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat 'n soektog van stapel gestuur is vir Andries Gamba Msimang, wat Vrydag uit die hospitaal ontsnap het.

"Hy is op 26 April 2011 na die hospitaal geneem vir observasie en is later opgeneem nadat hy 'n beroerte gehad het," het die departement Saterdag gesê.

"Hy dien 'n lewenslange vonnis uit vir moord, roof, verkragting, en huisbraak met die opset om te roof en te ontvoer."

Msimang is op 2 September 2009 gevonnis.

Die departement van korrektiewe dienste het 'n interne ondersoek na die saak begin. Die saak is ook by die polisie aangemeld.

Die departement se waarnemende streekskommissaris vir Gauteng, Mmule Motsamai, het 'n beroep op die publiek gedoen om te help om die "gevaarlike oortreder" weer vas te trek.

"Die departement van korrektiewe dienste neem enige ontsnapping baie ernstig op en het reeds vir die twee beamptes wat verantwoordelik was om oor die gevangene wag te hou kennis gegee dat hulle geskors sal word," het die departement gesê.

"Die beamptes kan teregstaan op aanklagte van growwe nalatigheid en pligsversuim."

Lede van die publiek word aangeraai om nie te probeer om Msimang in hegtenis te neem nie, maar om 10111 te skakel of die naaste polisiestasie in kennis te stel indien hy gewaar word.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: ontsnappings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.