Moordenaar in tronk klets op MXit, Facebook

2011-06-05 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Lewenslange vonnis verhoed nie die veroordeelde moordenaar Johan Rosslee om op Facebook en MXit te sosialiseer nie.

Rosslee van Heidelberg, Gauteng, dien tronkstraf uit weens die moord op sy eks-verloofde, ’n vriend van haar, ’n jong ma en ’n driejarige seun.

Maar op Facebook knoop hy geselsies aan met ou skoolvriende.

Hy vra byvoorbeeld op Valerie McHattie van Balfour se muur of sy hom onthou. “(Ek het) voor jou gesit in Engels.”

Dan deel hy sommer sy selfoonnommer vir haar uit en spreek af om 19:00 die betrokke aand op MXit te gesels.

McHattie het by navraag bevestig dat sy met Rosslee gesels.

Volgens haar is hy aanvanklik in ’n tronk in Pretoria aangehou, maar is deesdae in Johannesburg.

Dit gaan baie goed met hom en hy studeer.

McHattie en Rosslee het saam atletiek gedoen by die Hoërskool Balfour.

“Ons het jare laas kontak gehad. Dis maar net nou. Hy vra maar of ek al getroud is en kinders het en so aan. Hy sê ook hy kan miskien oor so agt jaar uitkom vir goeie gedrag.”

Oor die gruweldade wat hom in die tronk laat beland het, praat hulle nie eintlik nie.

Rosslee het haar net gevra of sy daarvan weet.

“Ons almal maak foute,” sê sy.

Rosslee se foute is deur die appèlhof as “barbaars” en “baldadig” beskryf.

As 24-jarige was hy in 2003 “verpletter” toe Liz-Marie Minny (19) hom verlaat het.

Sy het by haar nuwe kêrel ingetrek en hy het haar by dié huis ingewag om haar te vermoor.

Maar haar kêrel se broer, Abrie Greyling (21), het eerste by die huis opgedaag en Rosslee het hom doodgesteek.

Heloise van der Westhuizen (23), Greyling se vriendin, sowel as haar driejarige seun, Donovan, het op die toneel afgekom en met hul lewens geboet.

Laastens is Minny vermoor, kaal uitgetrek en op ’n bed vasgemaak voordat hy ’n kruis op haar bors uitgekerf het.

Dit moes soos ’n rooftog lyk, het Rosslee gebieg.

Hy is tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis, maar dié “skokkend onvanpaste” vonnis is later gewysig na 20 jaar elk vir die volwassenes en lewenslank vir die kind.

Minny is 14 keer gesteek, Donovan vier keer, Van der Westhuizen ses keer en Greyling drie keer.

Toe McHattie gevra is of Rosslee ook uitgelap het waar hy aan ’n selfoon in die tronk kom, het sy gesê sy “weet nie eintlik hoe dit werk nie”.

Sy het later teruggebel om te sê sy wil nie moeilikheid vir Rosslee veroorsaak nie.

- Rapport

Lees meer oor: mxit  |  facebook  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.