Moordenaar hang homself
2009-08-19 18:12
Johannesburg - ‘n Gevangene het homself in die aanhoudingselle van die Ramsgate-hof gehang nadat hy ‘n dubbele lewenslange vonnis opgelê is.
Volgens kapt. Vincent Pandarum is Musa Goodman Shabane (32) om 11:15 gevind waar hy homself gehang het.
"Daar word beweer dat hy selfmoord gepleeg het. Hy was alleen in die sel en geen gemene spel word vermoed nie”, het Pandarum gesê.
Shabane was sowat ‘n uur voor sy dood tot 15 jaar tronkstraf vir huisbraak en roof asook ’n dubbele lewenslange vonnis vir twee moorde en ‘n verdere vyf jaar vir poging tot moord, gevonnis.
Shabane is na die aanhoudingselle geneem nadat die hof verdaag het en is kort daarna gevind waar hy van die dak gehang het. Hy het ‘n tou van sy sweetpakbroek gebruik.
‘n Saak is geopen en is na die Onafhanklike Klagtedirektoraat verwys.
- Sapa