Moorde op Malema se FB-blad ‘opgedateer’

2010-03-17 07:27
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy, Die Burger

Pretoria-’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die leier van die ANC-jeugliga se Facebook-blad.

Een van hulle, Clearence Letlonkane, het die afgelope paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is, soos berig is op die nuuswebblad News24.

Een van dié inskrywings lui: “3 000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”

In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land... the litte riches obtained is not mearly enough to be shared equaly amongst all of us... Hence it is that corruption persists... Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is... all regained...”

Letlonkane skryf by een van sy plasings “agt mense is op plase in Limpopo vermoor sedert die begin van Februarie”. Nadat hy daaroor uitgevra is, het hy die volgende kommentaar gelewer: “Ek het niemand doodgemaak nie, maar ek staan nie simpatiek teenoor dié wat vermoor is nie... sue me for not shedding a tear.”

Malema is nie noodwendig die stigter van die blad of enigsins daarby betrokke nie. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het aangedui hulle gaan die Facebook-plasings gebruik as getuienis tydens die saak wat hulle vir haatspraak teen Malema in die gelykheidshof aanhangig gemaak het.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

AfriForum Jeug reël ook ’n protesoptog teen Malema se optrede eerskomende Vrydag in Johannesburg. Volgens Roets is “dit nodig vir die publiek om openlik standpunt in te neem en te wys dat Malema en die jeugliga se optrede nie verder geduld kan word nie”.

Tydens die optog gaan ’n griefskrif en ’n lys van meer as 1 600 plaasmoorde aan die ANC-jeugliga oorhandig word. Slagoffers en naasbestaandes van moorde gaan ook deelneem.

“Die beeld wat deur die optog geprojekteer gaan word, moet direk in teenstelling wees met die jeugliga en Malema se onverantwoordelike optrede,” het Roets gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  plaasmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.