Moontlike tugstappe staar hoof in gesig

2011-03-03 08:08
Tweets Share Share line Print

Thaba Nchu - Moontlike tugstappe staar die hoof van die Bartimea-skool vir dowes en blindes op Thaba Nchu in die gesig nadat leerlinge van die skool die tweede dag klasse hier boikot.

Die Vrystaatse onderwysdepartement stel ondersoek in na die bestuur van die skool, insluitende Joyce Thothela, skoolhoof, se moontlike aandeel in die swak toestand van die skool, het Howard Ndaba, onderwyswoordvoerder, Woensdag by navraag gesê.

Volgens Ndaba is daar geen verskonings hoekom die skool probleme het nie en geriewe nie onderhou word nie. Die skool het altesaam R4,7 miljoen in die afgelope boekjaar van die departement gekry.

Leerlinge het Woensdag steeds die skoolhoof se kop geëis en geweier om terug te keer klas toe.

Dit kom nadat hulle Dinsdag die skool ontwrig het deur skoolhekke te sluit en te weier dat onderwysers die terrein binnegaan.

Die leerlinge was ontevrede omdat hulle al langer as vyf maande met ’n rioolgemors moet saamleef nadat ’n verstopte pyp nie reggemaak is nie en riool die koshuise en ander geboue oorstroom het.

Ndaba het bevestig ’n voorlopige ondersoek het getoon die skool het onder meer leierprobleme.

“Probleme met instandhouding en kommunikasie tussen die skoolbestuur, leerlinge en personeel bestaan, maar leerlinge moet ook verstaan ons kan nie net van die hoof ontslae raak sonder om die nodige arbeidswette te volg nie,” het Ndaba gesê.

Mohau Nhlato, ’n gr.10-leerling en koshuis-president, het Woensdag gesê die riool is een van die probleme, maar dat Thothela die eintlike probleem is.

Hy beweer sy doen niks om die skool se probleme op te los nie. Van die onderwysers by die skool het ook Thothela vir die probleme verkwalik.

“Solank as wat sy hier is en hoof is, sal ons nie terug klas toe gaan nie. Sy moet verwyder word en ’n nuwe hoof moet aangestel word,” het Nhlato gesê.

’n Onderwyser by die skool, wat verkies het om anoniem te bly, het ook aan Volksblad gesê die leerlinge, groot en klein, weier om klas toe gaan omdat Thothela die hoof is.

“Ons is by die skool, maar die kinders weier om skool toe te kom. Ek sien hulle oral rondloop. Die kinders sê solank die skoolhoof hier is, sal hulle nie terugkom skool toe nie,” het sy gesê.

Ndaba het Woensdag inwoners, leerlinge en ouers om verskoning gevra vir die toestand waarin die skool is.

Thothela is Woensdag herhaalde kere om kommentaar gebel, maar haar selfoon is nie geantwoord nie.

- Volksblad

Lees meer oor: betogings  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.