‘Mooi horlosie!’ kos haar toe R9 000

2009-11-21 13:00
Tweets Share Share line Print

Amanda Roestoff

Johannesburg - Mense moet op hul hoede wees wanneer hulle inkopies doen, het ’n polisie-inspekteur gewaarsku nadat haar bankkaart vermoedelik in ’n winkel gedupliseer is.

Insp. Charlet de Lange (45) van die Krugersdorpse polisiekantoor se misdaadintelligensie-eenheid is verlede Sondag om middernag 15 November wakker geruk toe sy ’n SMS kry wat wys altesame R9 000 is uit haar rekening onttrek.

Sy het nooit voorheen enige SMS’e van Absa se banknotifikasiestelsel ontvang toe 18 verskillende transaksies binne minute van haar rekening afgegaan het nie.

“Ek kan nie vir jou sê wat deur ’n mens se kop gaan wanneer jy sien hoe inkopies vir Checkers in Kagiso afgaan en jy was nie daar nie ... veral KFC en ’n mens is so honger ... ”

De Lange het gesê sy het verlede Donderdag inkopies by Fruit & Veg City in Cecil Knightstraat gedoen.

Terwyl sy gewag het dat die transaksie deurgaan, het twee vroue in die winkel haar aandag afgetrek.

“Hulle het my komplimente oor my goue horlosie gegee en heeltyd daaroor begin vryf en daarna gekyk en dit bewonder.

“Ek vermoed dit is toe hul makkers die geleentheid gekry het om my kaart te kloon.”

Sy het nie daarna enige inkopies gedoen nie.

Toe sy uiteindelik die Sondag sien die R9 000 het uit haar rekening verdwyn, het sy haar bankkaart gestop.

Absa het De Lange eergister in kennis gestel dat haar geld vervang sal word. 

Wenke om jou bankkaart te beskerm

Hoe hou jy geld veilig? Nedbank se kliëntedienssentrum het dié raad:

Wees te alle tye bewus van almal en alles om jou wat jou aandag kan aftrek.
Wees veral op jou hoede by ’n kitsbank.
Gebruik ’n kitsbank waarmee jy vertroud is en wat sigbaar en veilig is.
As jy enigsins vermoed die kitsbank is onveilig, kanselleer die transaksie en meld die fout by die bank aan.
Hou jou bankkaart reg wanneer jy na ’n kitsbank stap sodat jy nie jou beursie oopmaak terwyl jy in ’n tou staan nie.
Wees versigtig vir vreemdelinge wat jou hulp aanbied om só jou kaart of PIN-besonderhede in die hande te kry.
Volg die instruksies op die skerm noukeurig.
Moenie ’n veiligheidswag om hulp vra as jy banktransaksies uitvoer nie.
Moet ook nooit jou kaart in die gleuf dwing nie.
Moenie ’n kitsbank gebruik as daar met die kaartgleuf, sleutelbord of skerm gepeuter is nie. 

Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  bedrog

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.