Moodley vra herverhoor

2011-08-11 15:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Donovan Moodley, wat skuldig bevind is aan die moord op die 21-jarige student Leigh Matthews, het in 'n dokument van meer 300 bladsye in die Johannesburgse hooggeregshof aansoek gedoen om herverhoor om te bewys wie haar regte moordenaars is, het The Star Donderdag berig.

Moodley beweer hy het uit vrees om sy lewe sewe jaar lank die waarheid weggesteek. Hy is in Julie 2004 skuldig bevind aan die moord op Matthews nadat hy haar van die Bond-universiteit se kampus in Sandton ontvoer het.

Moodley het haar ure lank aangehou voor hy 'n losprys van haar pa geëis en haar toe geskiet het. Hy is op 4 Augustus deur regter Joop Labuschagne lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord, 15 jaar vir die ontvoering en 10 jaar vir uitbuiting.

In sy aansoek beweer Moodley dat drie dwelmhandelaars, bekend as Frank, Allie en Jemba, hom gedwing het om Matthews te ontvoer. Dít was ná hul poging om 'n Franse student genaamd Gasper te ontvoer, misluk het.

Hy het gesê hy het nie die dwelmhandelaars geken nie, maar wou hulle help om Gasper te ontvoer omdat hy hulle geld geskuld het en hulle ryk was.

Moodley het gesê hy was so bang vir die drie mans dat hy die Bond-universiteit se kampus verlaat het en later deur die drie mans by sy huis opgespoor is.

Hulle het aan hom gesê dat hulle Gasper nie kon opspoor nie, en desperaat was vir geld. Dit is toe dat Matthews ontvoer is.

Moodley beweer Frank het Matthews se gesin gebel en 'n losprys van R300 000 geëis en dat Jemba haar geskiet het terwyl hy moes toekyk. Moodley het gesê hy was bang en het hulle gesmeek om haar nie dood te maak nie.

Matthews se pa, Rob, het Moodley se poging as diabolies beskryf.

"Sewe jaar later en nou het hy nog 'n weergawe van die waarheid. Ek vind dit diabolies."

Brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, het Moodley se pleit ten tyde van die hofsaak bevraagteken.

"Hy het 'n uitstekende verdediging gehad. Hoekom het hy skuldig gepleit?"

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: donovan moodley  |  misdaad  |  moorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.