Moodley 'het klaar drie kanse gehad'

2012-01-26 08:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die man wat reeds sewe jaar van sy lewenslange tronkstraf weens die moord op die student Leigh Matthews uitgedien het, het al drie kanse gehad om die waarheid te vertel.

“Hy het al drie happe van die kersie gevat. Daar is niks meer oor om te byt nie. Nou is dit ewe skielik ’n nuwe kersie,” het adv. Zaais van Zyl, staatsaanklaer, Woensdag in ’n aansoek om Donovan Moodley (31) se herverhoor in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer.

Volgens Van Zyl het Moodley drie geleenthede gehad om die waarheid oor Matthews se moord te ontbloot – tydens sy verhoor in die hooggeregshof en sy appèlaansoeke in die appèlhof en konstitusionele hof.

Die naakte lyk van Matthews, wat by die Bond-universiteit in Sandton ontvoer is, is in Julie 2004 in die lang gras in die Walkerville Manor-gebied, suid van Johannesburg, gevind.

Moodley, wat oorspronklik skuld op die moord beken het, voer in sy huidige aansoek aan drie dwelmsmouse het hom gedreig om by haar ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van dié mans, slegs bekend as Jemba, haar doodgeskiet het.

Hy het gesê brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, wou nooit dié weergawe van hom glo nie en het hom gedwing om skuld te beken.

Volgens hom het Byleveld ook bewyse gemanipuleer om sy “een-man”-weergawe te staaf.

Van Zyl het aangevoer dié “ware weergawe” is net ’n storie en dat Moodley dan reeds vir drie howe gelieg het.

“Nou wil hy hê die hof moet dié nuwe weergawe glo.”

Oor Moodley se weergawe dat kernbewyse, soos ’n tolpad-video, net verdwyn het, het Van Zyl gesê dié bewyse het nooit bestaan nie.

“Niks is nuut in dié weergawe nie. Sy posisie is dieselfde as in 2005.

“As Moodley dan aanvoer hy was so slim om nie dié misdaad te pleeg nie, hoekom was hy so slim om skuldig te pleit? Omdat hy gehoop het hy kry ’n vonnis ligter as lewenslank.”

Die aansoek duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.