‘Monster’ Chané sal lank agter tralies sit

2011-11-26 08:27
Tweets Share Share line Print

(Charl Devenish, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia – ’n Reeksmoordenaar in wording, monster en psigopaat is van die woorde wat gister in die hof gebruik is om Chané van Heerden (21) te beskryf voordat sy vir ’n onbepaalde tydperk tronk toe gestuur is.

Regter A. Kruger het beslis dat sy ná 20 jaar weer voor die hof moet verskyn, wanneer haar vonnis hersien sal word. Hy het haar tot ’n gevaarlike misdadiger verklaar en ook gelas dat sy behandelingsprogramme in die tronk moet deurloop.

Adv. Johan de Nysschen, aanklaer, het in sy betoog gesê as ’n mens by Van Heerden se “kleindogtertjie-fasade” verby kyk, het jy te doen met ’n monster wat weer en weer sal moor.

Hy het gesê sy en haar medebeskuldigde (Maartens van der Merwe) het op hul slagoffer, Michael van Eck, se liggaam toegesak soos hiënas wat ’n bok verskeur.

“Van Heerden was vir meer as 90% van die lykskending verantwoordelik en wat dit nog meer walglik maak, is dat sy die daad van ‘skinning’ met haar selfoon afgeneem het.”

Van Eck is in April meer as 33 keer by die begraafplaas in Welkom met messe gesteek. Hy is nie op slag dood nie en is volgens De Nysschen doodgemartel.

Prof. Merryl Vorster, ’n forensiese psigiater, het antisosiale persoonlikheidsversteuring by Van Heerden gediagnoseer. Vorster het gedragsterapie vir haar voorgestel.

Van Eck se ouers, Naas en Henriette van Eck, en hul kinders het mekaar ná die vonnisoplegging buite die hof omhels en De Nysschen en die ondersoekbeamptes bedank.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.