Molewa sê ook hokaai oor Shell

2011-02-06 06:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die oliereus Shell is op die agtervoet ná groeiende teenstand teen sy gas-eksplorasieplan in die Karoo.

In ’n belangrike verwikkeling het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, haar steun laat blyk vir die standpunt dat meer navorsing nodig is oor die fracking-metode van eksplorasie wat Shell in die Karoo wil gebruik.

Sy het in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag deur Stevens Mokgalapa, DA-LP, drie gevare van fracking erken en uitgelig.

Dit is die moontlike besoedeling van grondwater; ’n afname in die vlak van grondwater weens die groot volume water wat vir die proses benodig word; en die besoedeling van die omgewing bo die grondoppervlak as die olie- en gasafval nie behoorlik geisoleer word nie.

Molewa se gevolgtrekking is dat meer navorsing benodig word oor dié eksplorasiemetode.

Gareth Morgan, DA-LP, het Molewa se versigtige benadering geloof en haar aangemoedig om, soos die DA, ’n moratorium op fracking te steun totdat meer navorsing gedoen is.

Dit het die afgelope week geblyk dat Morgan al lank ’n stryd teen fracking voer. In reaksie op Morgan se kommer oor die proses het die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (PetroSA) geweier om ’n standpunt oor die wenslikheid van die fracking-metode in te neem.

Mthozami Xiphu, hoofamptenaar van PetroSA, het uitgewys dat hul rol bloot prosedureel is.

Intussen sê die nyweraar Johann Rupert, wie se teenstand Shell se posisie aansienlik bemoeilik, die reaksie vanuit die Karoo teen die eks­plorasie deur fracking is verblydend.

“Die gemeenskap is verenig oor politieke en kleurgrense heen,” het hy by navraag aan Rapport gesê.

Rupert ontken ook dat Shell se planne baie werk in die Karoo sal skep en wys daarop dat bykans geen werk vir ongeskoolde Karoo-inwoners geskep sal word nie.

In antwoord op ’n vraag tydens die konsultasieproses het Shell self beklemtoon dat daar slegs “ongeveer 20 mense” op ’n slag betrokke sou wees by die boorproses.

“Daar is ook beklemtoon dat hierdie mense opgeleide kundiges sou wees. Dit was duidelik daarop gemik om grondeienaars gerus te stel dat daar nie ’n oorvloed mense op hul plase sal wees nie, maar ’n mens moet maar self dink hoe dit strook met die werkskeppingsbeloftes.

“Miskien moet ’n mens hierdie beloftes maar met ’n paar sakkies sout neem,” sê Rupert.

Die ander geveg tussen Rupert en Shell, oor die voorgenome uitbreiding van die Shell-vulstasie in die historiese dorp Graaff-Reinet, raak ook hewiger.

Volgens Richardt van Rensburg, prokureur van Graaff-Reinet, is alle kommunikasie in die wetlik vereiste raadplegingsproses tussen die gemeenskap en Shell verbreek omdat Shell nie sy ondernemings nakom nie.

Shell het nog twee hekkies om te oorkom voordat die vulstasie uitgebrei kan word. Eerstens moet hulle ’n permit van die Erfenisagentskap bekom nadat ’n historiese impakstudie voltooi is en tweedens moet die plaaslike stadsraad instem om die tersaaklike grond te hersoneer.

Volgens Van Rensburg het inwoners vertroue dat die twee instellings bewus is van hul plig.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: shell  |  karoo  |  oliebedryf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.