Mokoetle staan skorsing deur SAUK-raad teë
2010-08-29 11:56
Johannesburg - Die SAUK se hoof-uitvoerende beampte Solly Mokoetle wil sy skosing deur die openbare uitsaaier se raad en enige dissiplinêre optrede teëstaan.
"Mr Mokoetle is onregverdig behandel en die werking van die raad wat hom geskors het, is 'n kwessie wat tans voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie dien," het Mokoetle se prokureur, Bongani Dlodo, gesê.
Die nuwe SAUK-raad is in Januarie aangestel, 'n paar weke voor Mokoetle sy vyf-jaar kontrak begin uitdien het.
Volgens Dlodo het die skorsingsbrief wat Mokoetle Vrydag ontvang het hom verbied om met die media te praat. Tog het die raad 'n verklaring uitgestuur oor hul besluit om Mokoetly te skors. "Mr Mokoetle sien dit as 'n blatante poging om hom te verhoed om sy reg tot vryheid van spraak te beoefen."
Mokoetle is Vrydag geskors nadat hy Donderdag met die raad vergader het.
- SAPA