Mogoeng kap na ‘venynige’ oudregters

2011-12-29 08:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad –  Die jongste strydpunt om die regbank is gister ontketen toe hoofregter Mogoeng Mogoeng kaalvuis ingeklim het onder “oudregters wat voortdurend en met venyn” sittende regters aanval.

Dit volg dae nadat oudregter Johann Kriegler in die organisasie Freedom Under Law (FUL) se nuusbrief Mogoeng se aanstelling as ’n “groot bron van verleentheid” bestempel het.

Mogoeng het Dinsdag by die begrafnisdiens vir oudregter Fikile Bam in die Transkei gesê kritiek deur dienende en afgetrede regters is welkom, mits hulle dit op ’n opbouende wyse doen.

“Ons raak egter bekommerd wanneer dit begin lyk of die enigste ding wat sommige van hulle ooit in die openbaar sê, is om hul dienende kollegas op ’n venynige wyse te kritiseer sonder om met alternatiewe oplossings vir wat hulle as verkeerdhede beskou vorendag te kom.”

Volgens Mogoeng is dit die moeite werd om die “nuwe en jammerlike neiging van enkele dienende en afgetrede kollegas” om die stelsel of hul kollegas in die openbaar aan te vat, te bepeins en selfondersoek te doen.

FUL, waarvan Kriegler voorsitter is, het ook onlangs ’n klag by Mogoeng ingedien oor regter-president John Hlophe van die Kaapse hooggeregshof se deelname aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) se sittings in Oktober.

Tot die organisasie se frustrasie het Mogoeng in antwoord op die klag egter gesê die RDK sal eers ná sy volgende vergadering in April oor die kwessie kan besin.

Mogoeng het ’n lofrede gelewer aan Bam, wat sowat twee weke gelede gesterf het.

Hy het ook opnuut klem gelê op die belangrikheid van die regbank se onafhanklikheid.

“Geen regter of landdros moet ooit bang wees om dít te sê wat hy of sy as die regte ding beskou nie, bloot omdat iemand anders dit afkeur of hom of haar sal vervolg nie. En ’n ware onafhanklike regbank is nie een wat daarop uit is om enigiemand te ondersteun of teen te staan nie, maar vasbeslote is om die Grondwet sonder vrees of vooroordeel toe te pas.

“’n Ware onafhanklike regbank is een wat die moed het om die doodstraf as ongrondwetlik te bevind, met die wete dat die meeste Suid-Afrikaners gekant is teen dié bevinding. Die regbank moet hom nooit deur openbare mening laat lei nie, anders verraai hy sy grondwetlike mandaat,” het Mogoeng gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: mogoeng mogoeng  |  hof  |  regters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.