'Moetie het mynwerkers aggressief gemaak'
2012-08-21 09:30
Video - Lonmin-mynwerkers in die hof
Die saak teen die 259 mynwerkers wat in hegtenis geneem is ná geweld by Lonmin se Marikana-myn is tot volgende Maandag uitgestel.
KYK
Johannesburg – Stakende mynwerkers in Marikana, Rustenburg, het só aggressief geraak nadat hulle moetie van ‘n bekende tradisionele geneesheer gedrink het; hulle is oortuig dis die medisyne wat hulle onoorwinlik gemaak het, het ‘n koerant berig.
“Nadat hulle die moetie gekry het, het die mense so aggressief geraak. Hulle wou net veg. Hulle het so onoorwinlik gevoel,” het Bulelani Malawana, ‘n Lonmin-mynwerker, aan die Daily Dispatch gesê.
“Ek is R1 000 daarvoor aangebied. Ek het dit van die hand gewys, aangesien ek nie daarin glo nie,” het hy gesê.
Twee mynwerkers wat Donderdag se skietery oorleef het, het gesê hulle is vertel dat die polisie se koeëls hulle nie sal beseer nie as hulle die moetie drink.
Die moetie was van die tradisionele geneesheer Nzabe in die Oos-Kaap.
Malawana sê hy het geweier om die moetie te drink, omdat hy nie daarin geglo het nie.
Nothi Zimanga, ‘n ander werker, sê mynwerkers het die bruin moetie gedrink om hulle voor die konfrontasie met die polisie sterker te maak.
Altesaam 34 mynwerkers het tydens die botsing gesterf en 78 ander is beseer.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA