Moenie Zuma se vervolging staak - DA

2010-06-08 08:16
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Pretoria – Daar was ’n verdoemende saak “met kragtige afmetings” teen pres. Jacob Zuma ná Schabir Shaik se skuldigbevinding.

Om Zuma se vervolging te staak, was ’n irrasionele en arbitrêre besluit.

Dít blyk uit adv. Sean Rosenberg SC, namens die Demokratiese Alliansie (DA), se betoog gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof.

Die DA doen aansoek om die verkorte rekord te kry van die besluit om Zuma se strafregtelike vervolging tr staak. Dié besluit is in April 2009 deur die destydse waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging geneem.

Die DA vra in sy hoof-hofaansoek dat dié besluit hersien word.

Rosenberg het gesê dit blyk fundamenteel “onlogies” te wees dat Zuma se vervolging deur twéé nasionale direkteure van vervolging afgelas is.

Die DA is daarop geregtig om die rekord te bestudeer. Luidens die DA se hofstukke is Zuma “se beweerde misdade van korrupsie misdade teen die publiek.”

Elke Suid-Afrikaner word “geaffekteer deur misdade van dié soort”.

Dus het die DA regsgronde om die aansoek te bring.

Rosenberg het gesê die besluit is hersienbaar onder die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Paja).

Die DA sê voorts Zuma is verkeerd as hy sê die president kan ingevolge die Suid-Afrikaanse reg nie strafregtelik vervolg word nie. “In Suid-Afrika word geen grondwetlike beskerming aan die president toegeken teen strafregtelike vervolging nie.”

Adv. Paul Kennedy SC, namens die vervolgingsgesag, het gesê die besluit om Zuma se vervolging af te las is nie hersienbaar kragtens die Paja nie omdat dit nie ’n administratiewe aksie is nie. Boonop het die DA regtens geen gronde (locus standi) om die saak te bring nie.

As hierdie aspekte in ag geneem word, “stop die saak hier”, het hy gesê.

Adv. Kemp J. Kemp SC, namens Zuma, het ook gesê die DA se locus standi is vierkantig in die visier.

Die DA wil die rekord met bybedoelings hê, het hy bygevoeg.

Luidens Zuma se hofstukke is dit onprakties om die president te vervolg. Tronkstraf sal dit vir hom onmoontlik maak om sy grondwetlike pligte na te kom.

“Die stigma en skande tydens die verhoor sal ’n president nie net strem om sy pligte uit te voer nie, maar sal openbare en buitelandse betrekkinge plaaslik en internasionaal benadeel.

“Die vernedering vir die land, veral tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, sal ongekend wees.”

Zuma se hofstukke lui voorts die president word nie behandel soos enige ander litigant nie, selfs nie eens in siviele hofgedinge nie.

Hy het ook die mag van kwytskelding in enige oortreding.

Selfs die tersydestelling van die vervolgingsgesag se besluit sal waarskynlik nie tot Zuma se vervolging lei nie, lui sy hofstukke.

Die saak duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.