'Moenie Manuel só behandel'

2011-03-10 08:33
Tweets Share Share line Print

Bothaville - Een van die land se bekendste landbou-akademici het hom vierkant agter Trevor Manuel, minister in die presidensie, geskaar in sy teenstand teen Jimmy Manyi, omstrede regeringswoordvoerder, se rasbehepte planne en uitsprake.

Prof. Mohammad Karaan, dekaan van die landboufakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch (US), het in sy toespraak op Graan SA se kongres laat blyk hy is ontevrede oor hoe Manuel nou deur die ANC behandel word.

Die ANC het hom agter Manyi geskaar terwyl ’n hewige twis sedert die verskyning van Manuel se ope brief verlede week aan Manyi binne en buite die regerende alliansie woed.

Karaan het met verwysing na die teenstand wat Manuel uit ANC-geledere kry, gesê dit is nie lekker as “jou minister aangevat word nie”. Hy is “emosioneel” daaroor.

“As daar nie meer respek is vir mense wat ’n baie groot bydrae gelewer het nie, dan weet ek nie.”

Hy het gesê Manuel het ’n reuse-bydrae gelewer tot die funksionaliteit van die land.

Karaan het gesê oudpres. Nelson Mandela het geveg teen wit en swart oorheersing en wat tans gebeur, strek hom (Mandela) nie tot eer nie.

Karaan het later op ’n vraag op ’n nuuskonferensie of die hele bohaai selfs akademici soos hy ontstel het, gesê: “Natuurlik, ja.

“’n Mens is versigtig oor watter uitsprake jy wel maak, want my vermoede is dat die president op sy tipiese manier vrede probeer maak. Hy gaan sê albei is reg – en albei is in ’n mate reg. Ek dink hy gaan ’n bietjie patch.”

Karaan het gesê die uitspraak van Manyi oor bruin mense wat oorgekonsentreerd is in die Wes-Kaap is al ’n jaar gelede gemaak en “daar is natuurlik nog meer agter die saak as wat mens op die oog af sien”.

“Ek dink net nie van albei kante is dit die manier om die kwessie te hanteer nie. As ek in Trevor se skoene was, het ek miskien presies dieselfde gedoen.”

Op ’n vraag van Volksblad of hy die afgelope week met Manuel kontak gehad het, het hy net stilgebly en geglimlag.

Op ’n vraag van Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, hoekom die regering nie “na die tafel kom” om organisasies soos dié een te help om swart boere op te lei nie, het Karaan gesê hulle moenie te veel hoop op die regering plaas nie.

“As hy meer doen, gaan hy dit opneuk. Dis ook nie sy taak nie.”

Volgens hom is daar genoeg geld vir swart boere, maar geld word wanaangewend en korrupsie het ’n impak op hoeveel geld beskikbaar is.

Die stelsel is ook gebroke en daar is nie vir sukkelende swart boere veiligheidsnette soos vir kommersiële boere nie.

- Volksblad

Lees meer oor: jimmy manyi  |  trevor manuel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.