Moedelose boer stort duisende liters melk

2010-10-06 07:17
Tweets Share Share line Print

Witbank – ’n Boer van dié omgewing laat elke tweede dag sowat 3000 liter melk op die grond uitloop omdat hy dit nie verkoop kan kry nie.

’n Mens kan op sy gesig sien dit maak hom baie seer, maar die 72-jarige Tom Engelbrecht sê hy het geen ander keuse nie as om die melk te laat uitloop in ’n voerland vir sy koeie.

“Ek boer al van 1960 af hier (op die plaas Grootvallei naby Verena) en ek het nog nooit voorheen nodig gehad om melk weg te gooi nie. Nou moet ek dit elke tweede dag doen.”

Weens die ooraanbod aan melk in die land sukkel boere soos Engelbrecht deesdae om hul melk te verkoop.

Baie boere lê die skuld vir die huidige situasie voor die deur van melkverwerkingsmaatskappye wat melk uit die buiteland invoer, terwyl daar reeds ’n groot aanbod melk in die land is.

Tog sê sowel die Melkprodusente-organisasie (MPO) as die Suid-Afrikaanse Melkprosesseringsorganisasie (Sampro) die invoer van melk is nie die groot sondaar nie. Hoër melkproduksie en laer verbruik weens die huidige moeilike ekonomiese toestand is eerder die rede.

Engelbrecht sê die groot melkmaatskappye “sê vir ons die melk loop omtrent by hul ore uit en hulle soek nie nóg melk nie”.

“’n Afgeleë boer soos ek is boonop slegter daaraan toe as dié naby die snelweë en hoofpaaie waar die melkmaatskappye dit makliker kan kom afhaal.

“In ’n stadium was hier tien melkboere naby my. Nou is ek alleen oor,” het Engelbrecht gisteroggend vroeg op sy plaas gesê voordat hy die kraan oopgedraai en die melk laat uitloop het.

Al wat tevrede gelyk het, was sy honde wat behoorlik weggelê het aan die stroom melk. Van die jong versies kry ook van die melk.

“Wat my nog seerder maak, is die feit dat ons boere weet die verbruikers in die dorpe en stede betaal deur hul nekke vir melk.

“En ek weet hoeveel arm mense is daar wat dit sou kon drink, maar ek het nie ’n manier om dit by hulle uit te kry nie.”

Engelbrecht sê hy wens hy het geweet waar hy sy melk kan verkoop. Dit kos hom elke maand minstens R57000 om sy 150 koeie te voer.

Hy wil van dié koeie nou verkoop, maar vir ’n melkboer is dit moeilik want hy het ’n sentimentele en emosionele band met sy koeie. Van hulle het hy van kleins af met die hand grootgemaak.

“Ek sal ook van my werkers ontslae moet raak. Van hulle werk al baie jare vir my. Wat gaan van dié arme mense word,” vra Engelbrecht.

“Ons het weer ’n melkraad nodig soos voor 1994. Die invoer van melk moet gestop word.”

Dr. Koos Coetzee, hoofekonoom van die MPO, het Dinsdagmiddag by navraag gesê hoër melkproduksie en laer verbruik is eerder die vernaamste redes waarom daar ’n oorskot aan melk is.

“Ons by die MPO het baie simpatie met mense soos Engelbrecht en kry hom baie jammer. ”

Alwyn Kraamwinkel, uitvoerende hoof van Sampro, het gesê die melk wat ingevoer word, is “langlewe-melk” en nie vars melk nie en dit word boonop net in beperkte hoeveelhede die land ingebring. Net plaaslike melk word gebruik vir die maak van jogurt en kaas.

- Volksblad

Lees meer oor: boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.