Nuwe getuienis gehoor in 'Modimolle-monster' se verhoor
2012-11-27 07:00
Johannesburg – Die verhoor van Johan Kotzé, wat daarvan beskuldig word dat hy die verkragting op sy eksvrou beplan en sy stiefseun vermoor het, sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof voortduur.
Dr. Johan Janse van Rensburg, wat Ina Bonnette behandel het, het Maandag getuig dat sy erg getraumatiseer en in skok was toe hy haar ure ná die misdaad gesien het. Sy het gehuil en aan hom gesê haar seun is doodgeskiet, albei haar tepels is afgesny en dat sy seksueel geskend is.
Dr. Camillus Molulu, 'n patoloog van Bela-Bela, wat 'n nadoodse ondersoek op die 19-jarige Conrad Bonnette uitgevoer het, het getuig dat hy in sy een knie, kop en bors geskiet is.
Kotzé het Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka na bewering gedwing om Bonnette op 3 Januarie te verkrag terwyl sy aan 'n bed vasgemaak was. Al vier staan tereg op aanklagte van ontvoering, verkragting, aanranding en poging tot moord.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA