'Modimolle-monster' môre weer in hof
2012-02-09 15:05
Modimolle – Die man wat as die “Modimolle-monster” bekend staan sal Vrydag sy tweede verskyning in die hof maak.
Johan Kotzé word daarvan beskuldig dat hy die marteling en verkragting van sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, georkestreer het en haar seun, Conrad (19), doodgeskiet het.
“Ons sal met elke stap daar wees,” het Troy Martens, woordvoerder vir die ANC se vroueliga, Donderdag gesê.
Vroueregtegroepe en betogers sal na verwagting buite die Modimolle-landdroshof saamdrom om Bonnette te ondersteun. Sy sal na verwagting die hofverrigtinge bywoon.
Kotzé (50) staan tereg op 17 aanklagte, waaronder verkragting, moord, sameswering tot verkragting, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
“Ons weet dat dit nie maklik is om deur hierdie proses te gaan nie, maar ons wil hê sy moet weet dat sy die ondersteuning van alle Suid-Afrikaanse vroue het,” het Martens gesê.
Elke vrou wat van die saak gehoor het, het geskend gevoel, het sy gesê.
“Ons hoop dat geregtigheid sal geskied.”
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA