Modimolle-monster kry skei-dokumente
2012-02-10 11:38
Fotogalery - GALERY: Modimolle-monster se saak uitgestel
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Modimolle – Die sogenaamde Modimolle-monster en sy drie medebeskuldigdes het Vrydagoggend vlugtig in die Modimolle-landdroshof verskyn.
Johan Kotzé word daarvan aangekla dat hy die marteling en verkragting van sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, georkestreer het.
Daar word beweer dat Kotzé (50) die drie mans met ‘n vuurwapen gedreig om Bonnette te verkrag.
Kotzé word ook daarvan beskuldig dat hy Bonnette se seun, Conrad (19), doodgeskiet het.
Beeld het intussen op Twitter bekendgemaak dat Kotzé Vrydagoggend egskeidingsdokumente van Bonnette gekry het.
Bonnette sou die hofverrigtinge bywoon, maar het verkies om nie na die hof te gaan nie, aangesien sy Donderdagaand ‘n dreigement ontvang het, het Eyewitness News berig.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter