Mistige weerstoestande dalk oorsaak van heli-ongeluk

2010-07-23 19:26
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Mistige weerstoestande is moontlik die rede vir die helikopter-ongeluk waarin sewe polisiebeamptes Vrydagoggend gesterf het, het die polisie gesê.

“Op hierdie stadium word daar gespekuleer dat mistigheid dalk die oorsaak van die ongeluk was,” het Zweli Mnisi, woordvoerder van Nathi Mthethwa, minister van polisie in ‘n verklaring gesê.

Die helikopter, wat sewe persone vervoer het, insluitende lede van die polisie se intervensie-eenheid het in ‘n veld net buite Witbank neergestort en aan die brand geslaan. Almal aan boord het gesterf.
  
Mthethwa en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het die ongelukstoneel besoek.

Volgens Mnisi wou die polisiebeamptes bystand bied tydens ‘n gewapende rooftog by ‘n bakkery in Witbank.

“Ongeveer 05:00 Vrydagoggend het die alarm by die Jabulani-bakkery afgegaan. Met die polisie se aankoms op die toneel was sewe verdagtes besig om die bakkery te beroof. Hulle het op die polisie begin skiet,” het hy gesê.

Twee helikopters wat lede van die polisie se intervensie-eenheid vervoer het is na die toneel ontplooi.

“Een van die helikopters het toe neergestort,” het Mnisi gesê.

Die sewe verdagtes is almal in hegtenis geneem.

Mthethwa het sy medelye met die families en vriende van die oorledenes uitgespreek. 

Die polisiebeamptes wat in die ongeluk gesterf het was die vlieënier kapt. Wikus Zaayman (31) en sy bemanningslid, ao. Thinus Gouws (39).

Die lede van die nasionale intervensie-eenheid was kol. Teboho Percy Maduna (39), ao. Colin Davids (37), ao. Dirk Cornelis van Aswegen (35), sers. Jacobus Henning (28) en sers. Daniel ‘Kraai’ de Bruin (31).
 
- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Ek skenk 2 bottels brandewyn en 'n bakkie vrag klippe......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.