Beweerde sluipmoord-aanval misluk
2010-06-19 23:00
Johannesburg – Faustin Kayumba Nyamwasa, ‘n voormalige kaptein in die Rwandese leër, is in ‘n mislukte sluipmoord aanval gewond.
Volgens Rosette Nyamwasa, sy vrou, is Faustin reg voor die hekke van die woonkompleks in Melrose Arch waar hulle bly, in die maag geskiet.
Hy is na die Morningside Kliniek geneem waar hy in ‘n stabiele toestand is.
“Ons het teruggekom van die Blue Bird winkelsentrum af,” het Nyamwasa gesê.
“Toe ons by die hek stop, het ‘n man met ‘n pistool na die half-oop venster aan die bestuurderskant gestap en ‘n skoot afgevuur.”
Nyamwasa, wat vorentoe geleun het toe die skoot afgaan, is in die maag getref.
Faustin Kayumba Nyamwasa is ‘n uitgesproke teenstander van President Paul Kagame.
Hy en sy familie het in Februarie uit Kigali uit gevlug.
Rosette Nyamwasa is oortuig dat President Kagame verantwoordelik is vir die sluipmoord-poging.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA