Mislukte kaping - man in kop geskiet
2009-10-20 16:08
Durban - 'n Vragmotorbestuurder is Dinsdag dood tydens 'n mislukte kaping in Salt Rock, KwaZulu-Natal.
Die man is op die N2-hoofweg deur vier gewapende mans in 'n swart VW Polo aangeval, het kapt. Khephu Ndlovu gesê.
"Hy is in die kop en arm geskiet, en het beheer oor sy voertuig verloor en dit het gerol," het Ndlovu gesê.
Die man is kort ná die ongeluk in die Alberlito-hospitaal in Ballito, naby Durban, oorlede.
Niemand is sover in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Sapa