Misdadige polisielede 'moet in tronk vrot'

2011-08-11 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Klagte teen polisiebeamptes het in die afgelope boekjaar skerp toegeneem en enigeen wat hom of haar aan misdadige bedrywighede skuldig maak, sal in die tronk verrot.

Dít was Woensdag Nathi Mthethwa, minister van polisie, se waarskuwing aan polisiebeamptes wat hulle aan misdadigheid skuldig maak. “Enige polisiebeampte wat daaraan skuldig bevind word dat hy of sy met misdadigers saamsweer, of by aanranding, moord, verkragting, poging tot verkragting en seksuele aanranding betrokke is, verdien om in die tronk te vrot.”

Die DA, wat ’n vraag oor klagte teen polisielede by die parlement ingedien het, het sy diepe kommer oor die situasie uitgespreek en het dit as ’n massiewe toename in geweldsmisdaad bestempel. Die party voel Mthethwa praat te veel oor korrupsie en doen nie veel nie.

Mthethwa se waarskuwing volg kort op ’n skriftelike antwoord wat op die DA-vraag gegee is en waarin hy gesê het 768 klagte is sedert 1 Januarie 2009 teen polisielede ingedien.

In die 2009-’10-boekjaar was daar 316 klagte en in die daaropvolgende boekjaar 452.

Klagte van aanranding het toegeneem van 199 tot 317, moord van 35 tot 45 en seksuele aanranding van 30 tot 41.

In dié tydperk het klagte van verkragting met twee afgeneem tot 46. Dié van poging tot verkragting het van vier tot drie verminder.

Mthethwa het gesê die straf vir misdadigers in blou uniform moet swaarder as dié vir normale misdadigers wees.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.