Misdaadveldtog sit 144 agter tralies
2009-11-08 19:39
Johannesburg - Sowat 144 mense is oor die naweek in Port Elizabeth in hegtenis geneem tydens 'n misdaadveldtog in die Oos-Kaapse stad.
Volgens insp. Dumile Gwave is die oortreders vasgetrek vir 'n reeks misdade, wat gestrek het van dronkbestuur, diefstal, kindermishandeling, verkragting, huisbraak en huislike geweld.
Die teen-misdaadveldtog het van Vrydag tot Sondag gestrek.
Die oortreders sal na verwagting Maandag in verskeie howe verskyn.
- Sapa