Misdaad styg in Vrystaat

2011-09-09 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Terwyl seksuele misdade in die res van Suid-Afrika afgeneem het, het dit in die Vrystaat toegeneem.

Ook het moorde in dié provinsie toegeneem teenoor ’n nasionale afname.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het Donderdag die land se misdaadsyfers vir 2010-’11 aangekondig.

Seksuele misdade, wat onder meer verkragting insluit, het in die Vrystaat met 8,6% toegeneem, terwyl die nasionale syfer met 3,1% gekrimp het teenoor 2009-’10.

Meer as 171 Vrystaters, meestal vroue en kinders, per 100 000, is seksueel aangerand. Dit is meer as 4 800 mense.

Moordenaars in die Vrystaat was ook meer aktief as elders in Suid-Afrika met ’n toename van 8,6%, terwyl die nasionale moordsyfer met 6,5% afgeneem het.

Meer as 960 mense is tussen April 2010 en Maart 2011 in die Vrystaat vermoor.

Die meeste ander misdade het wel afgeneem.

Meer as 1 500 mense is uitgevang dat hulle onder die invloed van sterk drank of dwelms bestuur, effens minder as die 1 653 van verlede jaar.

Witboordjiemisdaad het met 39% toegeneem teenoor die vorige jaar.

Prof. Dap Louw, kriminoloog, sê as syfers in sekere soorte misdade styg, behoort dit as positief beskou te word. “Die feit dat witboordjiemisdaad toegeneem het, behoort verblydend te wees. Dit beteken meer mense is uitgevang. Daar was beter polisiëring-maatreëls.”

Volgens hom kan die afname in dronkbestuur kommer wek.

“Dit beteken nie noodwendig dat daar minder dronk bestuurders in die Vrystaat is nie. Dit kan beteken dat polisiëring van dronk bestuurders swakker was.”

Louw sê dit is normaal dat misdaadsyfers styg wanneer ’n land van ’n verdrukkende bestel, soos apartheid, oorgaan in ’n vryer bestel.

“Rusland is ’n voorbeeld. Ná kommunisme het hul misdaadstatistieke die hoogte in geskiet. Dit kan met studente wat ná skool universiteit toe gaan, vergelyk word. Hulle weet nie altyd hoe om die nuutgevonde vryheid te hanteer nie, en begin byvoorbeeld baie drink en lang hare groei.”

Hy sê dieselfde geld Suid-Afrika.

“Die goeie nuus is dit stabiliseer later.”

Abrie Oosthuizen, VF+-leier in die Vrystaat, sê die doodstraf moet teruggebring word.

“Misdadigers is nie meer bang vir die strawwe wat aan hulle opgelê word nie.”

Hy sê daar moet onderskeid getref word tussen plaasmoorde en ander moorde.

“Plaasmoorde in die provinsie het die afgelope jaar toegeneem. Die minister moet dit apart uitlig.”

Volgens Oosthuizen dui die toename in moorde en seksuele misdade op swak polisiëring in die Vrystaat.

“Met moorde en seksuele misdade staan die Vrystaat soos ’n seer vinger uit.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.