'Misdaad dryf boere uit land'

2011-01-13 08:49
Tweets Share Share line Print

Senekal – Boere verlaat nie die land nie, hulle vlúg.

So het Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, Dinsdag gesê.

Die minister het haar sterk teen geweld­misdaad op plase uitgespreek en gesê die land kan dit nie bekostig om een enkele boer te verloor nie.

Sy het benadruk boere verlaat Suid-Afrika nie vrywillig nie, maar gee pad weens plaasaanvalle.

Joemat-Pettersson het Pitso Sekhoto, ’n suksesvolle beginnerboer in die distrik Senekal, besoek.

Sy het gesê kommersiële boere verlaat die land om twee redes: om hul belange elders uit te brei en om van plaasaanvalle weg te kom.

“Ons kan nie die boere verloor nie, want hulle het dekades se vaardigheid en kennis.

“Dit is vir ons ’n bekommernis: Ons kan nie een enkele boer verloor weens iets soos plaasaanvalle nie.

“Die aanvalle is barbaars en kan ná 16 jaar van demo-krasie nie geduld word nie. Dit hoort nie in ons samele-wing nie,” het Joemat-
Pettersson gesê.

Volgens haar kan nie gesê word dat plaasaanvalle ras-gemotiveerd is nie.

“As dit ras-gemotiveerd is, sou dieselfde swart mense in die woonbuurte ingegaan en wit mense vermoor het.

“Hier het ons ’n scenario waar die meeste wit mense grond besit en julle is kwes- baar omdat julle ver van alles is,” het sy gesê.

Volgens haar werk haar departement saam met Nathi Mthethwa, minister van polisie, wat elke provinsie besoek om misdaad op die platteland te help oplos.

Joemat-Pettersson het gesê geweld teen plaaswerkers moet ook gepak word.

Sy het gesê boere dra by tot die geweld wanneer hulle goedkoop, onwettige buitelandse arbeiders gebruik.

Oor die Makolobane-plaasprojek wat die minister besoek het, het sy gesê dié plaas is ’n bewys dat grondhervormingsprojekte kan werk.

“Swart mense kán boer en grondhervorming kán werk.

“Dit beteken nie die regering gaan voedselsekerheid inboet nie.

“Die landbou in die land kan nie groei sonder wit kommersiële boere nie.”

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.