Minnares lieg glo oor ervaring en kwalifikasies

2011-04-24 07:36
Tweets Share Share line Print

Rapport

Toe Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, vir sy minnares ’n senior pos by ’n bankrot munisipaliteit gegee het, het hy iemand aangestel wat geen ervaring van plaaslike regering gehad het nie én pas afgedank is omdat sy oneerlik en onbekwaam was.

Rapport het verlede week berig oor Nana Masithela (38) se aanstelling einde 2009 as finansiële hoof van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes deur Shiceka se departement.

Sy het R80 000 per maand verdien en die munisipaliteit het boonop haar behuising betaal.

Volgens haar CV, wat die burgemeester van Madibeng voor haar aanstelling aan die munisipale bestuurder gegee het, het sy ’n MBA-graad en ervaring in die bankwese.

Masithela en Shiceka se kantoor het versuim om die Madibeng-munisipaliteit in te lig dat sy pas afgedank is deur die landboudienstegroep Afgri, waar sy as kredietbestuurder gewerk het.

Pieter Badenhorst, Afgri se regsadviseur, het dié afdanking bevestig, maar geweier om redes te verskaf.

Rapport verneem van gewese kollegas van Masithela sy is afgedank omdat sy onbekwaam was en omdat sy oor haar MBA-graad gelieg het.

’n Maand nadat Afgri Masithela afgedank het, het Shiceka se departement haar na Madibeng gestuur om die munisipaliteit uit sy haglike geldelike gemors te probeer red.

Masithela het die telefoon neergegooi toe Rapport haar die afgelope week genader het om kommentaar. Shiceka se kantoor het nie gereageer op vrae waarom Masithela na Madibeng gestuur is en of hulle bewus was van haar verdagte kwalifikasies en twyfelagtige werkgeskiedenis nie.

Dikgape Makobe, Madibeng se waarnemende munisipale bestuurder, en Eric Matlawe, die administrateur, het alles moontlik gedoen om van Masithela ontslae te raak.

In ’n brief aan Shiceka se kantoor het hulle gekla oor haar onbevoegdheid, dat sy geen toepaslike ervaring gehad het nie en boonop glo die munisipaliteit in nóg dieper geldelike chaos gedompel het.

Die minister se kantoor het geweier om haar te herroep. Masithela het enigiemand wat haar teëgegaan het, gedreig. Sy het gesê sy is “onaantasbaar” omdat die minister “haar beskerm” en hy haar persoonlik by die munisipaliteit “ontplooi” het.

* Rapport het verlede week berig dat Shiceka, wat sedert Februarie met siekteverlof is, met ’n string vroue verhoudings gehad het. Hy het ook kinders by sommige van dié vroue gehad.

Die Sunday Times het ook berig dat Shiceka meer as R300 000 uitgegee het op ’n besoek aan sy gewese vriendin wat twee jaar gevangenisstraf in ’n Switserse tronk uitdien. Hy het ook in een jaar R640 000 bestee aan verblyf vir homself en sy personeel in Kaapstad se luukse One&Only-hotel.

Masithela het die minister ook verlede jaar vergesel op ’n buitelandse reis na België om nuwe rekenaarstelsels vir plaaslike regering te gaan bekyk. Rekenaarstelsels was egter nie een van haar verantwoordelikhede by Madibeng nie.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sicelo shiceka

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.